26 Apr 2017    
SANPO ETS BULLETIN – OPEN CLOCKS   Sanpo letter to all federations - constitutions  Bestelvorm / Order Form PDF  Bestelvorm/Order Form Excel 
SANPO MERIETES/MERITS CREDENTIAL FORM SANPO 2017 AJV  GELOOFSBRIEWE ONTVANG EC: Requests for handclocks GELOOFSBRIEWE 
         

 

SANPO NUUS

SANPO NUUS

26 APRIL 2017

Die SANPO President en die SANPO raad wens ons al die SANPO lede ‘n baie voorspoedige 2017 wedvlugseisoen.

 

 

Die week in SANPO NUUS:

 

  • SANPO NOMMERS: Die huidige SANPO nommers is nie meer geldig nie. Nuwe nommers sal vanaf 1 Augustus aan alle organisasies versprei word sodra die ledelyste soos per SANPO Grondwet vereiste ingedien word. Sien Grondwet reël 6.1.2 soos in PE aanvaar is.

 

“Before the last day of July of each year, each Member shall provide to the treasurer of SANPO a list on which appears the names, surnames, identification numbers and cell number and e mail address (if possible)of all his club members and office-bearers, as well as the membership fees owing by Members of SANPO with respect to his club members. No club member shall be entitled to the privileges of SANPO until his name appears on such list and his   membership fee has been paid in full.”

Ek sal ‘n excel table aan alle organisasies stuur om die inligting op te laai. Die e  pos is ook nodig sodat alle SANPO lede die SANPO NUUS persoonlik kan ontvang. Sien aangehegte dokument wat deur raad aanvaar is omtrent die SANPO nommers. (reeds tevore uitgestuur)

LW: Hierdie lede inligting soos ontvang sal onder geen omstandighede versprei of beskikbaar gestel word nie.

 

  • ETS verskaffers: Sien aangehegte lys van geldige ringe en verskaffers.

 

  • Grondwet veranderinge: Organisasies moet asb die grondwet veranderinge wat tydens die AJV in PE aanvaar is , aan al die lede stuur en implimenteer. Ek kry verskeie oproepe van lede wat nie daarvan bewus is nie.

 

Sien ook skrywe van die president: (aangeheg)

 

  • Skiet van wedvlug duiweDie raad is bewus van gevalle waar duiwe geskiet is. Daar sal vandag ‘n persverklaring oor die aangeleentheid uitgestuur word. Daar sal ook oor die radio oor die onderwerp gepraat word. Die President het ook melding daarvan gemaak tydens die afgelope naweek se SASCOC vergadering.

 

  • Pretoria FM:  Dit is nie nodig dat lede vroeg Vrydae oggende na die program luister nie. Om later te luister: 1. Gaan na Pta FM se webblad. 2.Kies Webgrepe 3. Kies Klankkoerant Landbou 4. Kies datum ( sal altyd die Vrydag datum wees) 5. Gewoonlik die laaste 10 minute. Dit is ook direk op DSTV 887.

 

Die week se gesprek sal handel oor die skiet van duiwe – George hanteer die gesprek. Volgende week gaan Richie ons meer van sy streek se doen en late vertel.

 

  • Appelle: Daar is verskeie appelle wat tans na SANPO verwys word. Let asb daarop dat enige probleem eers na die onderskeie klubs , daarna organisasie verwys moet word vir moontlike oplossing voordat dit na SANPO verwys word. In die geval word die SANPO streeks verteenwoordiger eers versoek om die klagte te ondersoek , ‘n verslag aan die partye te stuur met ‘n  oplossing. Indien die dispuut nog nie opgelos is nie , kan een van die partye na SANPO die formele appél roete volg.

 

 

  • Die SANPO Grondwet sowel as die “ DOPING MANUAL” sal teen die naweek op die blad verskyn. Alle grondwet veranderinge soos in PE aanvaar is, is reeds bygewerk.

 

  • Putterie gedenk wedvlug: Organisasies is tydens die SANPO raadsvergadering versoek om die 1 ste naweek in September ‘n “Putterie gedenkwedvlug” te hou.  Daar sal ook ‘n trofee aan die unie wenners oorhandig word. Meer hieroor later.

 

Eers genoeg vir die week.

 

 

 

SANPO GROETE

 

Johan